Back 

News

Komatipoorters oorleef die Midmar-myl

Vyf swemmers van die Komatipoort klub het die grootste oopwater-swembyeenkoms ter wêreld, die Midmar-myl, wat op op 7 en 8 Februarie plaasgevind het, aangedurf.

Author: Sonja Nel/20 February 2015/Categories: Sport, Komatipoort

Rate this article:
3.0
Komatipoorters oorleef die Midmar-myl

Vyf swemmers van die Komatipoort klub het die grootste oopwater-swembyeenkoms ter wêreld, die Midmar-myl, wat op op 7 en 8 Februarie plaasgevind het, aangedurf.

Dit word jaarliks in Howick, net buite Pietermaritzburg, gehou. Dit vind plaas in die Midmardam, wat ‘n gewilde oord is vir bootry, waterski, visvang en piekniek.

Die Myl is baie gewild en lok elke jaar duisende deelnemers. Nie net professionele atlete nie, maar ook gewone mense wat graag in die pret wil deelneem en hulself fisiek en verstandelik op die proef wil stel, neem deel.

Om die groot aantal swemmers te hanteer, word hulle in vyf groepe opgedeel met tussenposes van drie minute tydens wegspring en daar is agt verskillende kompetisies oor die tydperk van twee dae. Mense van alle ouderdomme neem hier deel. Fondse wat hier gegenereer word, word aangewend vir die ondersteuning van swem as sport en ook verskeie liefdadigheidsorganisasies en inisiatiewe ter voorkoming van verdrinking, soos die “Pietermaritzburg Seals” en “Princess Charlene Foundation”.

Sedert die stigting van die swemklub is dit die tweede damswem waaraan hierdie lede deelgeneem het.

Zarlia Engelbrecht het vanjaar haar eerste Midmarmyl gedoen saam met haar pa, Jan en broer WG, wat al voorheen deelgeneem het. Herklaas Smit en Manna Delport het ook vir die eerste keer deelgeneem.

Die swemmers het goeie tye behaal in die 1,6km: WG Engelbrecht: 27 minute, Jan Engelbrecht 34 minute, Zarlia Engelbrecht 35 minute, Herklaas Smit 36 minute en Manna Delport wat saam met sy pa deelgeneem het, 54 minute.

Vanjaar het een swemmer, die 30-jarige Tristan Dennis van Durban, vermis geraak en dit is ‘n paar dae later bevestig dat hy verdrink het, toe sy liggaam gevind is. Dit is die tweeede keer dat die wedloop ‘n swemmer op hierdie wyse aan die dood afstaan. In 2011 het Nick Mellet ook verdrink.

Die oudste deelnemer was die 91-jarige Lorna Cochran en haar agterkleindogter, Jessie-Clare Goodall, (jaar) was die jongste. Dit was Cochran se 16de agtereenvolgende deelname.

 

Number of views (26559)/Comments (0)

Tags:
Sonja Nel
>

Sonja Nel

Other posts by Sonja Nel

Please login or register to post comments.

This website / town portal was founded and is maintained by Fineandcountry Lowveld Kruger South & Esselens Engelbrechts; developed by Nomoredots.  The administration/webmastering is done by Sonja Nel. Contributors are Komatipoort ( Nkomazi East Combined Commerce and Tourism Association / Neccta) - Jan Engelbrecht; Marloth Park - Gerrie Aucamp, and Malalane (Malalane Sakekamer) - Chris Engelbrecht.

News Images

Copyright 2017 by NECCTA